Griekeland: Grieke wend hulle tot hul geloof.

Europa - - 25 Nov 2011 - Print - Email

Griekeland se ekonomie is in 'n haglike toestand, en beide die land se leiers en inwoners staar 'n opdraande stryd te staan om te ontsnap wat 'n vyf jaar lange resessie kan word. Onlangse ekonomiese verslae het aan die lig gebring dat die resessie dieper was as wat oorspronklik gedink is. En met sulke nuus wat oor nasionale opskrifte gespat het, het baie Grieke hulle tot godsdiens gewend vir 'n soort verligting. 'Die kerk is die laaste uitweg vir almal. Meer nog wanneer mense probleme het,' het kerkganger Stelios Papayoannou gesê. "Dit is die menslike natuur om God in goeie tye te vergeet en Hom in moeilike tye te onthou." Die Griekse aanbidder Maria Libery het bygevoeg 'Met geloof kan mense alle probleme oorkom. Dit is hoekom ons hierheen stroom, kerk toe.' Sy het voortgegaan 'Tye is oral moeilik. Kerk kan verligting vir ons siel bring en ons laat voel dat daar iets buite hierdie lewe is. Ek glo dit is hoekom ons kerk toe gaan.'

Bid: vir almal wat swaarkry as gevolg van die ekonomiese situasie om 'n antwoord in Christus te vind. (Ps.62:8)

Meer: http://www.cbn.com/cbnnews/world/2011/November/Greeks-Attend-Church-as-Economic-Uncertainty-Grows-/