Oorvol slaapsale, buitensporige werkskedules en lae betaling. Dit is die toestande waarmee sommige trekarbeiders in Duitsland te kampe het – die ekonomiese kragstasie van die EU. Baie van die buitelanders is baie meer belowe voordat hulle hul eie lande verlaat het. Die regering in die noordwestelike streek van Nedersakse vra federale hulp om hierdie misbruike aan te pak. 'Dit moet stop. Dit is mense wat in Duitse maatskappye werk en menslik behandel moet word en hulle moet ook deur werkrade verteenwoordig word,' het Eerste Minister van Nedersakse, Stephan Weil, gesê. Daar is geen minimum loon in Duitsland nie. Dit kan selfs ’n betaling van tussen drie en ses euro per uur of ’n maandelikse salaris van tussen 300-500 euro beteken. Hierdie tipe lae lone is algemeen in sekere sektore, soos die vleisbedryf. Daar is ongeveer twee miljoen van wat 'working poor' genoem word in die land
Bid: dat die regering maniere sal soek om billike en regverdige betaling vir alle werkers te vestig. (Ps.112:5)