Duitsland: Godsdienstige universiteitskursusse vir Moslems

Europa - - 14 Okt 2011 - Print - Email

Namate meer Moslems deel van die Europese samelewing word, het Duitse universiteite kursusse begin wat daarop gemik is om Islamitiese geestelikes en godsdiensonderwysers te help om die Duitse kultuur, insluitend die Christendom en Judaïsme, te verstaan. Die eerste program het verlede jaar by die Universiteit van Osnabrueck begin, met nog een wat vanjaar by Tuebingen sou begin. "Die idee was om 'n program vir imams te hê omdat die meeste van hulle in Turkye, Marokko, Egipte of Bosnië opgevoed is," het koördineerder van die Osnabrueck-program gesê. 'Hulle fokus baie op teologie en die samelewing waar hulle vandaan kom, maar hulle het nie genoeg kennis oor die situasie in Duitsland nie. Sommige imams praat byvoorbeeld nie die Duitse taal nie en hulle ken nie die Duitse geskiedenis nie.' Die regering verskaf befondsing by vier universiteite wat programme ontwikkel wat gefokus is op intergeloofsopvoeding en die plek van Islam in die Duitse samelewing.

Bid: dat die God van Abraham en Vader van Jesus Christus Homself op 'n nuwe en lewende manier aan hulle sal openbaar. (Mat.1:1)

Meer: http://christiancentury.org/article/2011-10/german-university-courses-aim-help-muslims-integrate