Europa is afhanklik van 'n goed geoliede werksverhouding tussen Frankryk en Duitsland. Die chemie tussen François Hollande en Angela Merkel is egter swak. Merkel het Hollande aanstoot gegee deur te weier om hom in Berlyn te ontmoet toe hy ’n kandidaat in die Franse presidentsverkiesing was. Hy het wraak geneem deur die SPD-hoof na die Elysée-paleis te nooi, waar slegs staatshoofde normaalweg verwelkom word. Daar is nog baie wat in die openbaar tussen hulle twee moet uitkom. Polities is hulle verdeeld oor hoe om die Europese krisis op te los. Merkel meen dit kan bereik word deur streng begrotingsbeheer, skuldvermindering, liberalisering van die arbeidsmark (met minimale staatsinmenging), en die hervorming van die sosiale stelsel. Hollande huldig die teenoorgestelde mening. Die ekonomie moet eers herleef word met staatsinvestering, voordat daar na besparing en hervorming gesoek word – ’n meer smaaklike resep. In die verlede het Berlyn en Parys vooraf 'n beleid ooreengekom en toe 'n verenigde benadering aangebied. Dit gebeur nie en dit lyk asof Duitsland alleen staan.
Bid: vir versoening tussen die twee leiers op persoonlike vlak. (Psalm 133) en wysheid vir 'n ooreengekome basis van begrotingsbeheer. (Job 12:.13)