Die Duitse kanselier Angela Merkel en die Franse president Nicolas Sarkozy het 'n gemeenskaplike standpunt oor die euro-skuldkrisis uitgespreek. ’n Verklaring deur die Franse president se kantoor het gesê ooreenkoms is bereik ná sewe uur se samesprekings in Berlyn. Dit kom voor 'n knellende vergadering van eurosone-leiers om die Griekse skuldkrisis op te los en verdere besmetting na ander eurosone-ekonomieë te voorkom. Besonderhede van die ooreenkoms is nog nie bekend gemaak nie. Beleidmakers gaan 'n reeks maatreëls by die vergadering later vandag bespreek, insluitend 'n nuwe leningspakket aan Griekeland en die rol van private beleggers in
enige skuldherstrukturering. Verslae dui daarop dat 'n nuwe belasting op banke ook gedebatteer sal word. Maar die Duitse kanselier Angela Merkel het gewaarsku teen ooroptimisme.
Bid: vir die besprekings wat plaasvind dat God sy wysheid sal oorheers en gee. (Jes.64:4)