Frankryk het die Amerikaanse ambassadeur ingeroep om te betoog teen bewerings in die koerant Le Monde oor grootskaalse spioenasie op Franse burgers deur die Amerikaanse nasionale veiligheidsagentskap. Frankryk en Mexiko het vinnige verduidelikings van Washington geëis na bewerings wat deur die voormalige Amerikaanse sekuriteitskontrakteur Edward Snowden uitgelek is van 70,3 miljoen telefoonoproepe in Frankryk oor 'n tydperk van 30 dae tussen 10 Desember 2012 en 8 Januarie vanjaar. Daar is berig dat NSA outomaties kommunikasie vanaf sekere telefoonnommers in Frankryk opgetel het en teksboodskappe opgeneem het onder 'n program met die kodenaam 'US-985D'.
Bid: vir konstruktiewe, eerlike en oop internasionale verhoudings wat rekenaargegenereerde terroriste-aktiwiteite sal voorkom en vasvat. (Spr.16:7-8 & Jes.29:5)