Print this page

Frankryk: Behoefte aan herlewing

Europa - - 03 Jan 2013 - Print - Email

Evangeliese Christen-gelowiges maak slegs .8% van die bevolking uit. Pakistan en Saoedi-Arabië (1.5% en .9%) het meer Evangelicals per capita. Kerkbywoning is een van die laagste in Europa (6-8%). 80% van die Franse het nog nooit 'n Bybel besit of selfs gesien nie. Daar is ongeveer 50 000 voltydse beoefenaars van okkultiese kunste (tarot, waarsêery, psigiese genesing, ens.) wat maklik die 35 000 voltydse Christenwerkers in Frankryk oortref. Moslems maak ongeveer 10% van Frankryk se bevolking uit - die hoogste persentasie in enige Europese land. (Bron: Operation World) Sekularisasie het 'n beweging in Frankryk geword wie se enigste doel is om geloof en die uitdrukking daarvan tot die privaatsfeer te beperk. Maar lig wat skyn waar dit die donkerste is, skyn die helderste.

Bid: dat die Koninkryk van God in 2013 in Frankryk volwasse sal word en vrugte sal voortbring. (Ps.85:6)

Meer: http://www.prayforfrance.org/whyfrance