Frankryk: Evangeliese kerke wat jeugdiges lok

Europa - - 16 Feb 2012 - Print - Email

Die atmosfeer is soos 'n popkonsert in die Montparnasse-omgewing van Parys. Honderde jongmense sing pakkende liedjies en swaai hul arms in die lug, terwyl 'n groep bulderende musiek op die verhoog speel. Hierdie is nie 'n pop-optrede nie. Die Australies-gebore Pinksterkerk 'Hillsong' het in 2005 'n Paryse kerk geplant en sy gemeente het van 'n paar dosyn mense tot ongeveer 900 gegroei by elk van sy twee naweekdienste wat in Frans en Engels gehou is. Op 'n onlangse Sondag was die 1 000-sitplek Théâtre Bobino (waar die kerk sy hoofdienste hou) amper vol. Hierdie jeugdige, entoesiastiese, multi-etniese skare is in skerp kontras met die afnemende Franse Katolieke kerke en verteenwoordig die opkoms van die evangeliese beweging as geheel in 'n land wat amptelik sekulêr is. Sensussyfers rapporteer 600 000 Franse lede van evangeliese kerke, met 460 000 wat gereeld hul geloof beoefen – 'n tienvoudige toename vanaf 1950.

Bid: God sal Sy boodskap van waarheid en lewe aan die jeug van Parys regoor die hele Frankryk weergee. (Ro.10:14)

Meer : http://www.eni.ch/featured/article.php?id=5465