Frankryk wil die huwelik teen volgende jaar herdefinieer

Europa - - 20 Jul 2012 - Print - Email

Die Franse premier het aan sy parlement gesê dat die huwelik herdefinieer sal word en aanneming van dieselfde geslag ingebring sal word teen die 'eerste helfte' van 2013. Onder die vorige administrasie is die herdefiniëring van die huwelik afgestem, maar die onlangse verkiesings het 'n verandering in mag beleef met die Sosialistiese Party het nou 'n meerderheid. Die nuutverkose president François Hollande van die Sosialistiese Party het 'n verkiesingsbelofte gemaak om die huwelik te herdefinieer. In die VK is die Westminster-regering besig met planne om die huwelik te herdefinieer – al is dit nie in enige van die groot partye se manifeste nie. Daar was ook groot teenkanting teen die planne. Die Franse premier, Jean-Marc Ayrault, het aan die parlement gesê: 'In die eerste helfte van 2013 sal die reg op huwelik en aanneming oop wees vir alle paartjies, sonder diskriminasie'. Verlede jaar het lede van Frankryk se laerhuis 293 tot 222 ten gunste van tradisionele huwelik gestem.

Bid: dat die tradisionele huweliksvorm weer gehandhaaf sal word. (Heb.13:4)

Meer : http://www.christian.org.uk/news/france-wants-to-redefine-marriage-by-next-year/