Print this page

Vier Christene wat werkgewers van diskriminasie beskuldig

Europa - - 07 Sep 2012 - Print - Email

Christene wat werktribunale weens diskriminasie in die werkplek verloor het, het Dinsdag hul stryd na die Europese Hof vir Menseregte geneem. Hul verhale sentreer rondom of godsdienstige beginsels 'n plek in die moderne Britse werkplek het. Toe burgerlike vennootskappe in 2004 gewettig is, het die huweliksregistrateur Mej Lillian Ladele geweier om dit te doen en gesê dit is teen haar godsdiensoortuigings. Verhoudingsraadslid mnr McFarlane is deur Relate afgedank nadat hy beswaar gemaak het teen seksterapie-leiding aan selfdegeslagpare. Me Eweida het huis toe gegaan van 'n werk by British Airways nadat sy geweier het om haar silwer kruis halssnoer wat uniform beleid oortree het, weg te steek. Voormalige verpleegster Mev Chaplin is ook deur die NHS Trust gevra om nie haar kruishalssnoer te vertoon nie omdat die halssnoer gesondheids- en veiligheidsriglyne oortree het. Mev Chaplin het die kruishalssnoer vir 30 jaar op die sale gedra.

Bid: dat die oordeel van die Europese Hof deur die Heilige Gees gelei sal word en nie deur die mens nie. (Spr.1:5)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/uk-19467554