Die aantal genadedoodgevalle in Holland het in een jaar met 13 persent toegeneem, wat die Nederlandse regering aangespoor het om 'n amptelike ondersoek te begin. Verlede jaar is 2 636 Nederlanders deur genadedood vermoor, met 80 persent van die slagoffers wat tuis gesterf het nadat hulle dodelike middels toegedien is, terwyl hierdie syfer in 2008 2 331 was. Die toename in eutanasie-sterftes het die Nederlandse ministerie van gesondheid genoop om 'n ondersoek na die land se genadedoodwette te begin. Pro-lewensmense het gewaarsku dat die toename veroorsaak is deur die ondergang van Holland se palliatiewe sorgstelsel. Phyllis Bowman, Uitvoerende Beampte van Right to Life, het gesê: 'Ek is seker dat die toename in getalle mense wat vir genadedood kies, grootliks die gevolg is van onvoldoende pynbeheer.' Holland het in 2002 die eerste land in die wêreld geword wat vrywillige genadedood gewettig het, maar die Nederlandse regering het erken dat onwillekeurige genadedood 'n ernstige probleem inhou. (Sien storie in GB & I hierbo)
Bid: dat die Nederlandse Regering die huidige wet sal heroorweeg en die heiligheid van die lewe sal herstel. (1Kor.3:16-17)
Meer:http://www.christian.org.uk/news/euthanasie-deaths-increase-in-holland/