Die Europese Parlement veroordeel geweld teen Christene

Europa - - 19 Okt 2013 - Print - Email

Die Europese Parlement het verlede week 'n resolusie aanvaar wat geweld en vervolging teen Christene in Sirië, Pakistan en Iran veroordeel. MEP's het besondere kommer uitgespreek oor die aanvalle op Christene in Maaloula, Sirië, en die selfmoordaanval op All Saints Church, Peshawar, Pakistan, wat minstens 80 mense doodgemaak het. Die MEP's het 'n beroep gedoen op 'onmiddellike ondersteuning en humanitêre bystand' aan 'n groep van ongeveer 40 nonne en weeskinders wat steeds in die klooster van St Tekla vasgevang is. Hulle het ook gepraat van hul 'diepe besorgdheid' oor die algemene situasie van godsdienstige minderhede in Pakistan en die Christelike kerke in die besonder. Hulle het 'n beroep op die Pakistanse owerhede gedoen om die godslasteringswette en hul huidige toepassing 'deeglik' te hersien, en let daarop dat die wette oop is vir misbruik teen mense van geloof. Wat Iran betref, het hulle gesê die lot van die gevange pastoor Saeed Abedini is ook 'n saak van 'diepe kommer'.

Bid: vir God se beskerming oor Sy volk. (Ps.5:11)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/european.parliament.condemns.violence.against.christians.in.syria.pakistan.and.iran/34340.htm