Print this page

Europese amptenaar sê 105 000 Christene het jaarliks gemartel

Europa - - 09 Jun 2011 - Print - Email

Hierdie skokkende figuur is deur die Italiaanse sosioloog Massimo Introvigne, verteenwoordiger van die OVSE (Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa) oor die Bekamping van Onverdraagsaamheid en Diskriminasie teen Christene, by die 'Internasionale Konferensie oor Intergodsdienstige dialoog tussen Christene, Jode en Moslems' bekend gemaak. Die konferensie oor vreedsame naasbestaan tussen godsdienste is deur die Hongaarse regering aangebied as 'n hoogtepunt van sy EU-presidentskap van die Europese Unie. 'Elke vyf minute', het Introvigne in sy toespraak gesê, 'word 'n Christen doodgemaak vir sy geloof.' Die syfer sluit nie die slagoffers van burgeroorloë, of oorloë tussen nasies in nie, maar slegs die mense wat doodgemaak is omdat hulle Christene is. "As hierdie figure nie tot die wêreld geroep word nie, as hierdie bloedbad nie gestop word nie," het Introvigne voortgegaan; 'as daar nie erken word dat die vervolging teen Christene die eerste wêreldwye noodgeval met betrekking tot godsdiensdiskriminasie en geweld is nie, sal dialoog tussen godsdienste net wonderlike simposia oplewer, maar geen konkrete resultate nie.'

Bid: vir Christene wêreldwyd dat God hulle sal beskerm en ondersteun in tye van vervolging. (Ps.91:11)

Meer: http://www.catholicculture.org/news/headlines/index.cfm?storyid=10555