Europa ervaar tans ''n atmosfeer van onverdraagsaamheid met betrekking tot Christene, sowel as teenoor verteenwoordigers van ander tradisionele gelowe' volgens een van die mees invloedryke figure in die Russies-Ortodokse Kerk. Metropolitaan Hilarion van Volokolamsk, hoof van die Moskouse Patriargaat se departement vir eksterne kerkbetrekkinge, het ook gesê dat Europa 'die skending van die regte van Christene openlik moet bespreek'. Hy het in Rome gepraat by 'n vergadering wat deur die Organisasie vir Veiligheid en Samewerking in Europa (OVSE) gereël is om die kwessie van diskriminasie teen Christene aan te spreek. Die vergadering, getiteld 'Voorkoming en reaksie op haatvoorvalle en misdade teen Christene', is deur Litaue gereël,
wat tans voorsitter van die OVSE is. Metropolitaan Hilarion het gesê dat, terwyl die Europese beskawing ''n kultuur is wat op 'n Christelike grondslag ontwikkel het' dit ''n duidelik uitgedrukte multikulturele aard verkry het, nadat dit 'n plek van kontak tussen mense en gelowe van regoor die wêreld geword het'.
Bid: dat die mense van Europa hulle Christelike fondamente sal onthou en na die waarheid sal terugkeer. (Jes.48:13-14a)