EU: Iran se stenigingsaak

Europa - - 11 Sep 2010 - Print - Email

Die presidensie van die Europese Unie het gesê dat Iran se opskorting van 'n stenigingsvonnis teen 'n vrou wat aan egbreuk skuldig bevind is, nie genoeg is nie en eis dat dit heeltemal omvergewerp word. Minister van buitelandse sake, Steven Vanackere van België, wat die EU se roterende presidentskap beklee, het gesê Iran se toegewing dat die straf teen Sakineh Mohammadi Ashtiani verlig kan word, voldoen nie aan die menseregtevoorwaardes waarop die EU aandring nie. Hy het gesê die Belgiese presidensie sal hard werk 'om te bereik dat die straf onomwonde herroep sal word'. Hierdie week het verskeie Europese Unie-lande en die kontinent se grootste menseregte-organisasie Iran gekritiseer vir sy plan om die 43-jarige ma van twee te stenig, selfs al het Teheran die plan vir eers in die wiele gery.

Bid: dat die onmenslikheid van Iran se vonnisbeleid omvergewerp word deur gebed en politiek. (Ps.2:1-3)

Meer: http://www.nytimes.com/aponline/2010/09/09/world/AP-Iran-Stoning.html?_r=1&ref=europe