EU-beraad/Griekse armoede/'n kompromie

Europa - - 25 Mei 2012 - Print - Email

Die ekonomiese krisis in Griekeland dwing gesinne om hulp by kinderhuise te soek. In baie gevalle vra ouers of hul kinders versorg kan word, want hulle kan nie bekostig om na hulle om te sien nie. Sien: Die Brusselse EU-beraad het nie met baanbrekende besluite vorendag gekom om fiskale dissipline te balanseer met groei, uitreiking van Euro-effekte of herkapitalisering van banke nie. Hulle het egter probeer om iets te vervaardig om Griekse, Ierse en Portugese besparingsprogramme te verslap en brandmure te begin om markangs te sus. Die Iere hou op 31 Mei 'n referendum oor die fiskale pakt; Griekeland stem op 17 Junie om in of uit die Eurosone te besluit. Amerika sê: 'Wat in Griekeland gebeur, het 'n direkte impak in die VSA.' Die ekonomie was nie net die hoofkwessie in die G8-raad in Camp David nie, maar het ook 'n sentrale posisie in die militêre alliansie se vergadering in Chicago beklee. Die afgelope week was deurslaggewend vir die vasteland van Europa.

Bid: dat diegene wat hierdie en toekomstige gebeure voorsit, in lyn sal wees met God se voornemens. (Ps.119:169)

Meer: http://www.neurope.eu/article/eu-summit-towards-compromise