EU-mosie wat aborsie, homoseksualiteit en pedofilie bevorder, verslaan

Europa - - 26 Okt 2013 - Print - Email

Dinsdag het 'n oorwinning oor menseregte ingelui toe die Europese Parlement met 351 teen 319 stemme met 18 onthoudings besluit het om die omstrede 'Estrela-verslag' (vernoem na sy skrywer, die uiters linkse MEP Edite Estrela van Portugal), terug te verwys na die parlementêre komitee wat dit ontstaan het. 'n Dawerende oorwinning vir die pro-lewe saak, gegewe dat daar 'n strukturele meerderheid in die Europese Parlement is van lede wat aan sosialistiese, kommunistiese, groen en liberale partye behoort, wat gewoonlik ten gunste stem van enigiets wat voorlê om 'vroueregte' te bevorder. . Die stemming moet nog sorgvuldig ontleed word; baie sosialistiese en liberale lede het egter geweier om met hul amptelike partylyn saam te gaan. Formeel gesproke is die uitslag van vandag se stemming nie dat die Estrela-konsep dood is nie – dit is terugverwys na die Komitee en kan in 'n later stadium weer opduik. Die taak is nou vir die Komitee om terug te kom met iets minder omstrede, en meer waardig om te oorweeg as mev Estrela se konsep.

Bid: dat die voorgestelde verslag permanent uitgestel word en 'n stille begrafnis sal ontvang.

Meer: http://www.turtlebayandbeyond.org/2013/abortion/european-parliament-the-motion-promoting-abortion-homosexuality-and-paedophilia-is-defeated-a-great-victory-for-human-rights/