Denemarke: Beraad oor sektariese geweld in Irak word geopen

Europa - - 17 Jan 2011 - Print - Email

Sommige van Irak se top-godsdienstige leiers het Woensdag in Kopenhagen byeengekom vir 'n drie dae lange vergadering om te probeer om die onlangse geweld teen die land se Christelike gemeenskap te beëindig. Die noodberaad by 'n swaar bewaakte Kopenhagen-hotel kom op die hakke van 'n reeks aanvalle op Christene in Irak, sowel as in buurlande. Agt van Irak se 'invloedrykste' Moslem- en Christelike godsdiensleiers het deelgeneem, volgens die Stigting vir Verligting en Versoening in die Midde-Ooste, 'n Britse NRO wat die vergadering saam met die Deense ministerie van buitelandse sake georganiseer het. Die deelnemers se identiteit is vir hul eie veiligheid geheim gehou. Deense Minister van Buitelandse Sake, Lene Espersen, het intussen verlede week beklemtoon dat sy die inisiatief geneem het vir die konferensie in 'n poging 'om dialoog tussen godsdiensgroepe in Irak te bevorder', na onlangse aanvalle op die Christelike minderheid daar.

Bid: dat daar 'n ontmoeting van gedagtes sal wees wat tot vrede en versoening sal lei. (Job.22:21)

Meer: http://www.france24.com/en/20110112-summit-iraq-sectarian-violence-opens-denmark