Kinders in staatsbeheerde huise is aan hul beddens of rolstoele vasgemaak, of 'chemies geïmmobiliseer', te midde van bewerings van seksuele misbruik, volgens 'n verslag deur die Bulgaarse Helsinki-komitee (BHC). Die verslag is gegrond op ondersoeke deur aanklaers en menseregtekundiges by al die land se 26 maatskaplike versorgingshuise, wat 1 350 gestremde kinders huisves. Van 238 sterftes kon driekwart voorkom gewees het, lui die verslag. Voorlopige bevindinge het tot die gevolgtrekking gekom dat 166 sterftes die gevolg is van 'gebrek aan sorg' deur personeel by die instellings. Bulgarye se hoofaanklaer, Boris Velchev, het gesê die meeste van die sterftes is nooit by die polisie aangemeld of onderhewig aan lykskouings nie. Luidens die verslag was 31 sterftes weens wanvoeding, 84 weens verwaarlosing, 13 weens swak higiëne, ses weens ongelukke soos verdrinking of bevriesing, 36 weens longontsteking en twee weens mishandeling. In 15 gevalle kon die kenners nie die oorsaak van dood bepaal nie. "Ons is vasbeslote om die ondersoeke af te handel en diegene wat verantwoordelik is te straf," het Velchev gesê.
Bid: vir alle kinders in sorg, dat hulle liefdevol in liggaam en gees gevoed mag word eerder as verwaarloos. (Kl.3:33)