Meer as 12 000 jongmense uit sowat 100 nasies het Sentraal- en Oos-Europa se eerste 'Genfest' ooit, 'n jeugberaad, afgesluit met 'n oproep vir 'n meer verenigde en vreedsame wêreld. Na drie dae van idees uitruil oor hoe om daardie utopie te verwesenlik, het hulle gebid en geluister voor Boedapest se Saint Stephen's Basilica, een van Hongarye se grootste Rooms-Katolieke kerkgeboue. Tydens Sondag se opelugmis is hulle aangemoedig om nie hul hoop en drome op te gee nie. Die Vatikaan se ambassadeur in Hongarye, die Apostoliese Nuncio Alberto Bottari de Castello, het die deelnemers aan vanjaar se Genfest-tema herinner: 'Kom ons oorbrug'. Hy het gesê: 'Christus is die ware brug tussen mense en God,' en 'die Here wil hê dat ons daardie boodskap moet uitdra as brûe van liefde teenoor alle mense.'
Bid: vir al die jongmense wat dit bygewoon het dat hulle met Christus die ware brug tussen mense en God sal ontmoet het. (Jes.42:5-7)
Meer: http://www.bosnewslife.com/23157-thousands-of-youngsters-seek-united-peaceful-world-in-budapest