Print this page

Brussel: Herbou Afghanistan

Europa - - 19 Mei 2010 - Print - Email

'n Senior amptenaar van die Europese kommissie het Woensdag op 'n konferensie in Brussel gesê dat Afghaan se dwelmafhanklikheid die heropbou van die oorloggeteisterde land baie moeilik sal maak. Een van die dinge wat Afghanistan nodig het, is langtermyn-ontwikkeling van sy staatsdiens sodat Afgane self beheer van toekomstige gebeure kan oorneem. Die doel moet wees om die Afghaanse ekonomie toe te laat om vry te raak van sy afhanklikheid van dwelms wat steeds die hoofbron van onwettige inkomste in die land is. Daar is 30 000 Europese troepe in Afghanistan wat die VSA-geleide oorlog bystaan. Intussen het die Franse president Nicolas Sarkozy gesê hy sal in Afghanistan bly omdat dit 'n stryd teen terroriste is en hy wil nie hê die Taliban moet 'n martelaar uit Afghanistan maak nie en ook nie toelaat dat Pakistan met sy kernwapens in die hande van terroriste val nie.

Bid: dat God Sy strategie sal gee aan die leiers wat probeer om die streek van dood, misleiding en wanorde te bevry. (Jes.61:1)

Meer: http://www.theparliament.com/policy-focus/foreign-affairs/foreign-affairs-article/newsarticle/drug-dependency-makes-rebuilding-afghanistan-more-difficult/