Print this page

België: Luik wankel ná moordtog

Europa - - 15 Des 2011 - Print - Email

'n Gewapende man het op verbygangers losgebrand en granate in 'n sentrale plein van die Belgiese stad Luik gegooi, wat ten minste vier mense noodlottig gewond en nog talle beseer het voordat hy homself blykbaar om die lewe gebring het. Afsonderlik het die polisie Woensdag 'n vrou se liggaam gevind in 'n pakhuis wat gebruik is deur die gewapende man, wat as Nordine Amrani genoem is. Laat Dinsdag het 'n Luikse hospitaal aangekondig dat 'n 17-maande-oue meisie die vierde slagoffer van die skiettog geword het, nadat twee tienerseuns en 'n 75-jarige vrou vroeër doodgemaak is. Amptenare het gesê minstens 120 ander is ook in die aanval gewond. Daniele Reynders, die staatsaanklaer van Luik, het aan verslaggewers gesê 'Amrani het selfmoord gepleeg met 'n koeël in die kop. Hy het geen boodskap gelaat om sy daad te verduidelik nie'. Die polisie het onlangs op sy huis in Luik toegeslaan op soek na daggaplante, maar het eerder wapens gevind. In 2008 is hy tot byna vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige besit van wapens en die kweek van dagga.

Bid: vir almal wat vasgevang is in hierdie gruweldaad dat God vir hulle fisiese, geestelike genesing en vrede sal bring. (Kol.1:2)

Meer: http://www.aljazeera.com/news/europe/2011/12/20111213125725322987.html