België se federale parlement is naby daaraan om 'n 'reg om te sterf' vir siek kinders in te stel, volgens berigte in 'n Belgiese koerant. Der Morgen het gesê dat 'n konsensus vorm rondom voorgestelde wetgewing wat kinders, wie se situasie as erg genoeg beskou word, sal toelaat om genadedood te kies. Genadedood is reeds wettig in België. 'n Wet wat die praktyk wettig is in 2002 ingestel, maar het dit beperk tot mense van 18 jaar of ouer. As die wet slaag, sal België die eerste land word wat genadedood vir kinders wettig. Die wetsontwerp is in Desember deur die Sosialistiese Party ingedien. Dit sal riglyne uiteensit vir dokters om van geval tot geval te bepaal of 'n kind volwasse genoeg is om die besluit te neem om hul lewe te beëindig en of die kind se siekte ernstig genoeg is om genadedood te regverdig. Leier van die Sosialistiese party, Thierry Giet, het gesê: 'Die idee is om die wet op te dateer om beter rekening te hou met dramatiese situasies.' (Sien ook Gebedswaarskuwing 01-2013)
Bid: dat hierdie voorgestelde veranderings nie aanvaar sal word nie. (Ps.119:126)
Meer: http://www.christianconcern.com/our-concerns/end-of-life/belgium-considers-euthanasia-for-children