België verhoog terreurwaarskuwingsvlak

Europa - - 18 Jun 2012 - Print - Email

Die liggaam wat die terreurbedreiging in België dophou, die OCAD, het pas die land se terreurwaarskuwingsvlak van 2 tot 3 in Brussel verhoog. Die OCAD wat die veiligheidsituasie ontleed, meen daar is nou ’n groter terreurbedreiging ná Vrydagaand se messteek op twee polisiebeamptes op die Brusselse metro. Die OCAD sê dat die terreurbedreiging in Brussel nou ernstig is. Waarskuwingsvlak 3 het tot gister net die Brusselse stadsdeel Saint-Jans-Molenbeek geraak waar die arrestasie van 'n vrou wat 'n volle sluier dra, oproer veroorsaak het. Vlak 3 is nou uitgebrei na die hele Brussel-streek.

Bid: dat die situasies wat gelei het tot die terreurwaarskuwing gekalmeer sal word. (Hand.4:29)

Meer: http://europenews.dk/en/node/55495