’n Christenegpaar wat beboet is weens hul 'slegs getroudes'-beleid vir dubbelkamers by hul gastehuis in Cornwall, het toestemming gekry om hul saak na die Hooggeregshof te neem. Vroeër vanjaar het die appèlhof die uitspraak bekragtig dat Peter en Hazelmary Bull gelykheidswetgewing oortree het en teen Martyn Hall en sy siviele vennoot Steven Preddy gediskrimineer het nadat hulle 'n dubbelkamer geweier het weens hul 'slegs getroudes'-beleid vir dubbelkamers. Mnr Hall en mnr. Preddy is 'n totaal van £3,600 in skadevergoeding toegeken. Nou het die Hooggeregshof, die hoogste hof in die land, besluit om hul saak aan te hoor, en kan die beslissing van die appèlhof omkeer. Andrea Minichiello Williams, uitvoerende hoof van Christian Concern, het gesê: 'Hierdie saak is een van vele waar die regbank godsdiensvryheid ten gunste van homoseksuele regte ernstig beperk het.'
Prys: God vir hierdie verandering van rigting deur die owerhede om 'n reg op appèl toe te laat. Mag God nou oorheers. (Job.5:8)