Print this page

Ateïstiese geestelikes in Nederlandse Kerke

Europa - - 11 Aug 2011 - Print - Email

Volgens 'n onlangse nuusberig is een uit elke ses geestelikes in die Protestantse Kerk in Nederland (PKN) en ses ander denominasies óf 'n ateïs óf agnostikus, berig Christian Concern for our Nation. Klaas Hendrikse, wat 'n PNK-kerk in Gorinchem lei, het 'n boek genaamd Believing in a Non-Existent God geskryf wat die denominasie genoop het om te oorweeg om hom te verwyder. Nadat hulle egter gevind het dat sy sienings so wyd onder geestelikes in die denominasie gedeel is, het hulle besluit om hom nie uit te sonder nie. Hy het ook gesê dat God ''n woord vir ervaring, of menslike ervaring' is en dat Jesus dalk nooit bestaan het nie. Sytse de Jong, onderburgemeester van Staphorst, het gesê: 'Wanneer ons mense in die Kerk kry deur Jesus Christus uit die Kerk te gooi, dan verloor ons die kern van Christenskap. Dan hervorm ons nie die instellings en houdings nie, maar die kern van ons boodskap.'

Bid: vir leiers van die kerk in Nederland dat God lewe sal bring waar daar dood is en hulle geloof sal vernuwe en Jesus as Here openbaar. (Rom.10:9)

Meer:http://www.christiantelegraph.com/issue13534.html