Print this page

Albanië: Klein kerk, groot effek wat lei tot TiranaFest

Europa - - 24 Aug 2012 - Print - Email

Soos baie Oos-Europese nasies, is Albanië trots op 'n ateïstiese wêreldbeskouing. Toe die Sowjetunie in sy fleur was, is ondersoeke na die bestaan van God of enige hoër wese vinnig uitgeskakel. Die meeste jongmense in Albanië het grootgeword en glo 'daar is geen God nie.' In 1967 het die regering alle godsdiensinstellings gesluit, en Albanië het die eerste ateïstiese staat in Oos-Europa geword. Privaat godsdiensbeoefening is eers in 1990 weer toegelaat, en met nie eens 'n ondergrondse kerk in sig nie, moes die Goeie Nuus van voor af begin in Albanië. Slegs twee jaar gelede het die regering wettige status aan meer as 100 van die land se evangeliese kerke verleen. 'n Klein maar passievolle groepie gelowiges in die land se hoofstad wil hierdie sosiale uitkyk verander. Alhoewel die groep klein is, is hulle invloed groot. Op 22 September sal gelowiges in die stad Tirana bymekaarkom vir 'n evangelisasie uitreik genaamd TiranaFest saam met Luis Palau.

Bid: dat die kerk deur hierdie uitreik geseën sal word en in getalle sal toeneem. (Gen.1:22a)

Meer: http://www.mnnonline.org/article/17577