’n Noorweegse man het terreuropleiding van Al-Kaïda se uitloper in Jemen ontvang en wag op bevele om ’n aanval op die Weste uit te voer, het amptenare van drie Europese veiligheidsagentskappe Maandag aan The Associated Press gesê. Westerse intelligensie-amptenare vrees lankal so 'n scenario - 'n bekeerling tot Islam wat opgelei is in terroriste-metodes en maklik in Europa en die Verenigde State kan inskakel, sonder visumbeperkings. Amptenare van drie Europese veiligheidsagentskappe het Maandag bevestig die man is 'operasioneel', wat beteken dat hy sy opleiding voltooi het en op die punt staan om 'n teiken te ontvang. Almal het op voorwaarde van anonimiteit gepraat omdat hulle nie gemagtig was om die saak in die openbaar te bespreek nie. Hulle wou nie die man, wat nie van 'n misdaad beskuldig is nie, se naam noem. 'Ons glo hy is operasioneel en hy is waarskynlik op die punt om sy teiken te bereik,' het een veiligheidsbeampte gesê. "En daardie teiken is seker in die Weste."
Bid : dat die veiligheidsagentskappe duidelike rigting gegee sal word oor waar om sulke mense te vind. (2Ti.4:18)