Print this page

'n Netwerk van gebed en eenheid in Brussel

Europa - - 25 Jul 2013 - Print - Email

Pray4brussels poog om gebed te mobiliseer en dit in en vir die stad Brussel te koördineer. Brussel word al hoe meer 'n metropool en 'n internasionale kruispad: NAVO, die EU en baie internasionale instellings het hul hoofkwartiere hier. Dit is 'n baie strategiese stad, maar het ook 'n hoë mate van geestelike behoefte. Internasionale spanne kom gereeld na Brussel om te bid, en ons verwelkom hulle met ope arms. Ons wil egter ook 'n platform skep onder die talle kerke in Brussel om saam te bid en mekaar te versterk in hierdie taak. Ons wil 'n doelbewuste poging aanwend om aan te sluit en saam te werk met alle ander bestaande gebedsinisiatiewe.

Bid: dat die belangrikheid van Brussel erken sal word en daarom die belangrikheid en strategiese behoefte aan gefokusde gebed opgeneem sal word. (1Tim.2:1)

Meer: http://www.pray4belgium.be/index.php?page=pray4brussels-en