Na aanleiding van verskeie verhale van godsdiensdiskriminasie, het die Parlementêre Vergadering van die Raad van Europa oorweldigend ten gunste van 'n verslag oor onreg teen Christene gestem. Moldawiese Christelike LP Valeriu Ghiletchi, van die Komitee vir Gelykheid en Nie-diskriminasie, het die verslag ingedien, getiteld 'Tackling intolerance and discrimination in Europe with a special focus on Christianity'. Die verslag gebruik gevallestudies van regoor Europa, insluitend die VK, om die behoefte te beklemtoon om 'die beginsel van redelike akkommodasie' te verbeter en te verseker dat veral Christene nie vir hul oortuigings gepenaliseer word nie. "Vryheid van godsdiens is 'n fundamentele reg en een van die grondslae van 'n demokratiese en pluralistiese samelewing," lui die verslag. 'Onverdraagsaamheid en diskriminasie op grond van godsdiens of oortuiging raak minderheidsgodsdienstige groepe in Europa sowel as mense wat aan meerderheidsgodsdienstige groepe behoort. Dade van vyandigheid, geweld en vandalisme wat Christene en hul plekke van aanbidding teiken, word egter onvoldoende in ag geneem en veroordeel.