Militante van die selfverklaarde 'Volksrepubliek van Donetsk' (PRD) het beslag gelê op die gebou van die kerk, 'Word of Life', waar Leonid Padun, Biskop van die Ukrainian Christian Evangelical Church 'n pastoor is, berig The Christian Telegraph. 'PRD-verteenwoordigers het op Woensdag, 13 Augustus om 22:00 beslag gelê op die gebou van ons kerk. Ten spyte van die feit dat daar baie leegstaande geboue in die stad is, het hulle besluit om die huis van God, wat elke dag in gebruik is, te neem en hulp te verleen aan mense in nood,' het Leonid Padun op sy Facebook-blad geskryf. 'Ons het vir meer as twintig jaar ons harte en finansies in daardie kerkgebou belê en nou word ons die geleentheid ontneem om bymekaar te kom vir gebed en aanbidding van God. Met 'n swaar hart moet ek u meedeel dat hierdie Sondag die deure van ons kerk vir die eerste keer nie oopgemaak sal word nie.'