Print this page

Wat lê vir Europa voor?

Europa - - 10 Mei 2012 - Print - Email

Eurosone se pro-besuiniging en pro-Euro-beleid is in die moeilikheid. Regse heerskappy het in Frankryk tot 'n einde gekom namate sosialisme gewen het. In Griekeland is daar 'n dramatiese herstelling van politieke landskap. In Duitsland het die junior koalisievennoot in staatsverkiesings gewen, terwyl die steun vir Angela Merkel se dominante party besig is om te erodeer. Soos die Eurosone dieper in 'n resessie sink, verwag sommige bankonrus. Italië en Spanje se ekonomieë is dalk nie meer te groot om te misluk nie.' 63 jaar gelede is 'n Europese eksperiment begin om ''n einde aan oorlog te maak en 'n ewige vrede te waarborg' en die Europese Unie is geskep. Op 16 Mei 1949 in Straatsburg het Robert Schuman gesê: 'Die Europese gees beteken om bewus te wees daarvan om aan 'n kulturele familie te behoort en om 'n gewilligheid te hê om daardie gemeenskap te dien in die gees van totale wederkerigheid, sonder enige verborge motiewe van hegemonie of die selfsugtige uitbuiting van ander se. Die wortel van die EU was om die wêreld te seën. Sien:

Bid: dat die EU sal terugkeer na die visie van sy wortels en 'n seën vir die res van die wêreld sal wees. (Sef.3:9)

Meer: http://www.cnbc.com/id/47321849