Oesbekistan: 'Teen-terreur'-klopjag op ouetehuis

Europa - - 24 Mar 2011 - Print - Email

Ses Baptiste wat Sondag aanbidding gelei het in 'n ouetehuis naby Oesbekistan se hoofstad, Tasjkent, staar kriminele en administratiewe klagte in die gesig ná 'n 'teen-terreur-operasie' teen hul diens, het Baptiste aan Forum 18 News Service gesê. Op die vraag waarom die owerhede die diens gestaak het en deelnemers geteister het, het adjunk-polisiehoof majoor Sofar Fayziyev – wat aan die klopjag deelgeneem het – aan Forum 18 gesê: 'Hulle kon geen bewys lewer dat hulle magtiging vir hul aktiwiteite het nie.' Elders is drie Baptiste beboet nadat die polisie op 'n Sondagoggend kerkdiens toegeslaan het. Soos gereeld gebeur, het die hofuitspraak die vernietiging van Bybels en ander gekonfiskeerde Christelike lektuur beveel. Regter Abdumumin Rahimov wat 'n massiewe boete aan 'n jong inwoner van Navoi opgelê het vir die vervoer van lektuur, dring daarop aan dat 'die hoofdoel van die straf nie wraak teen die oortreder is nie, maar hom leer om die wet te respekteer'.

Bid: vir die gelowiges in Oesbekistan dat die owerhede sal ophou om God se Woord en Sy boodskap te blokkeer. (Ps.1:6)

Meer: http://www.forum18.org/Archive.php?article_id=1554