’n 80-jarige vrou is dood ná ’n ontploffing by ’n Ortodokse Christelike kerk in die suide van die Oekraïne wat ten minste agt ander mense beseer het, sê amptenare. Die ontploffing in die stad Zaporizhzhya is vermoedelik deur 'n tuisgemaakte ploftoestel veroorsaak. Dit is nie duidelik wie agter die ontploffing sit nie. Dit het teen die einde gekom van 'n besoek aan die Oekraïne deur die Russies-Ortodokse Patriarg Kirill I wat betogings deur regse nasionaliste gelok het. Duisende Ortodokse gelowiges het in die Oekraïnse hoofstad bymekaargekom om die geskiedkundige 'doop van ou Rusland' te vier. Moderne Kiëf is die plek waar die Christendom in hierdie deel van die wêreld begin het. Terug in 988 het prins Vladimir die eerste klomp heidene in die Dnepr-rivier in die Oekraïne geneem en hulle gedoop om die Ortodokse Christene te word. Die hele kersteningsproses het etlike eeue geduur, maar Kiëf word steeds beskou as die bakermat van die Ortodokse Christendom in hierdie deel van Europa.
Bid: vir die gelowiges in die Oekraïne en teen die vyand wat onenigheid aanwakker. (Ps.64:1)
Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-10123640