Turkye: Protestante staar steeds swaarkry in die gesig

Europa - - 10 Mar 2011 - Print - Email

'n Senior Turkse Protestant het gesê dat sy land se klein Christelike kerke steeds ernstige ontberings ondervind, ondanks onlangse beloftes deur die regering om die beskerming van godsdiensregte te verbeter. "Ons kan nie sekere positiewe stappe ontken nie - sedert 2005 kon ons aansoek doen om wettige status as geregistreerde verenigings," het Zekai Tanyar, uitvoerende raadsvoorsitter van Turkye se Vereniging van Protestantse Kerke, gesê. 'Maar volle godsdiensvryheid is nog ver hier, en alle Christelike denominasies ondervind probleme. Regeringsamptenare verseker ons dat hulle na ons probleme sal kyk, soos deur ons polisiebeskerming te bied. Maar geen poging word aangewend om ons in 'n meer positiewe lig voor te stel nie.' In 'n ENI-onderhoud het Tanyar gesê Protestante verskil van Turkye se Armeense en Grieks-Ortodokse Christene, aangesien die meeste uit onlangse Turkse Moslem-agtergronde gekom het, eerder as van etniese minderhede, en nie historiese aansprake op kerke en eiendom in die land gehad het nie.

Bid: vir God se Kerk in Turkye dat dit maniere sal vind om sy roeping te vervul ten spyte van die moeilikhede. (Ps.33:12)

Meer: http://www.eni.ch/featured/article.php?id=4758