'n Grootskaalse Al-Kaïda-komplot om 'al die kerke in Ankara' te bombardeer, sowel as die Turkse parlement en Amerikaanse ambassade in die Turkse hoofstad, is vandag (9 Des.) bekend gemaak. Volgens Compass Direct News (CDN) het die aanklag van 50 bladsye, ná die arrestasie van verdagtes verlede Julie, die militante se hersiene 'jihad'-strategie uiteengesit om hul aanvalle teen Turkye te begin fokus voordat hulle oorlog teen die Verenigde State en ander lande voer. Die polisie het beslag gelê op 700 kilo (1 500 pond) se plofstof, saam met aanvalsgewere, ammunisie, bommaakinstruksies en gedetailleerde kaarte van Ankara. Tussen die CD's, gedetailleerde kaarte, sketse en boudiagramme het die polisie ook lyste ontdek van die name en huisadresse van Christelike geestelikes en ander kerkwerkers wat in Ankara woon. Die nuus het Christenleiers in Ankara totaal verras, volgens een Turkse Christenleier in Ankara. "Niemand het tot nou toe enige nuus hieroor gehad nie," het hy gesê.
Bid: vir die werk van die owerhede terwyl hulle die Al-Kaïda-bedreiging bekamp en diegene wat bedreig word beskerm. (Ps.32:7)
Meer: http://www.compassdirect.org/english/country/turkey/article_124391.html