Spanje: Anti-Katolieke studente betoog in Madrid

Europa - - 24 Mar 2011 - Print - Email

Sowat 70 universiteitstudente het op 10 Maart die kapel van Madrid se Complutense Universiteit binnegestorm en beledigings teen die Katolieke Kerk, Pous Benedictus XVI en priesters geskreeu. Verskeie vroue uit die groep het op die altaar gestaan, van die middel af uitgeklee. Nog 'n vroulike student wat destyds in die kapel was en gebid het, het aan die Spaanse dagblad ABC gesê dat twee van die jong vroue op die altaar 'met hul homoseksuele neigings gespog het'. Die groep studente het met ’n megafoon by die kapel ingestorm en die kapelaan uit die pad gestoot. Hulle het voortgegaan om beledigings teen die Katolieke Kerk en haar leringe uit te roep. Die groep het ook plakkate in die banke en op die kennisgewingbord by die ingang van die kapel geplaas. 'n Ander student met wie ABC 'n onderhoud gevoer het, het gevra: 'Wat sou gebeur het as dit in 'n moskee plaasgevind het? Hierdie mense moet weet dat Katolieke nooit op 'n provokasie sal reageer met 'n ander provokasie net om hulself te verdedig nie.'

Bid: dat die jongmense respek sal leer en dat God die waarheid sal openbaar. (Jes.40:5)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue12497.html