Rusland: Hoofredakteur moedig Christene aan om in die media te evangeliseer

Europa - - 21 Nov 2011 - Print - Email

Tydens die Algemene Raad van die Geassosieerde Russiese Unie van Christene van Evangelies-Pinkstergeloof, mnr. Pavel Gusev, hoofredakteur van die 'Moskovskij Komsomolets' (Komsomolets – lid van die Kommunistiese Unie van Jeug)
koerant en voorsitter van die Moscow Union of Journalists, het Christene aangemoedig om die Evangelie in massamedia te verkondig. Gusev het opgemerk dat Christene dikwels na hom toe kom en sê: 'Kyk wat skryf hulle oor ons! Hulle sê ons is ondergrondse kerke, dat ons 'n sekte is! Waar is die waarheid?' Ek antwoord hulle 'Moskovskij Komsomolets het 82 koerante en tydskrifte gepubliseer. Dit staan jou vry om jou gedagtes daarin te publiseer en ek belowe ek sal geen brief regstel nie!' het die hoofredakteur belowe. 'Stel jou voor dat Christene sy Evangelie sou verkondig en oral oor hulle werk sou praat. Ek dink dit moet jou eerste doelwit wees. Gelowiges hoef nie hulle lering te propagandiseer nie; jy hoef net vir mense van jou en jou werk te vertel. Hulle sal sien en hoor,' het die voorsitter van die Moskouse Unie van Joernaliste onderstreep.

Bid: dat Russiese Christene die uitdaging sal aanvaar om oor hulle geloof te skryf. (Mt.24:14)

Meer:http://www.christiantelegraph.com/issue14530.html