Print this page

Rusland/Eurasië: Godsdiensvryheid die fokus van inligtingsessie in Washington

Europa - - 31 Jan 2013 - Print - Email

Godsdiensvryheid kwyn in die voormalige Sowjetunie en Eurasië. Jy het die stories gehoor. Kerke gelikwideer, vaders gearresteer omdat hulle 'n gebedsbyeenkoms gehou het, pastore gearresteer omdat hulle nie die kerk geregistreer het nie, en gesinne is beperk tot die besit van net een Bybel. As gevolg van hierdie kommerwekkende tendense, borg Russiese ministeries in samewerking met sy globale vennote 'n inligtingsessie oor godsdiensvryheidskwessies in die voormalige Sowjetunie/Eurasië, met die fokus op oorsake van onderdrukking van godsdiensvryheid, sê president van Russiese ministeries, Sergey Rakhuba, ' Hierdie inligtingsessie is om meer bewustheid te skep en om die globale gemeenskap te mobiliseer sodat beleid ontwikkel word en druk op regerings in die lande van die voormalige Sowjetunie geskep word om meer vryheid aan die kerke en leiers daar te gee.'

Bid: dat die druk op regerings in die voormalige Sowjetunie/Eurasië tot vryheid vir die onderdruktes sal lei. (Ps.9:9)

Meer: http://www.mnnonline.org/article/18158