Pole: Versoeningswandeling

Europa - - 30 Aug 2012 - Print - Email

Afstammelinge van Nazi SS-offisiere, saam met Holocaust-oorlewendes en hul nageslag het vandag 'n week lange optog deur Pole en deur die terreine van voormalige Nazi-doodkampe voltooi. Die simboliese optog het Maandag by Auschwitz, naby Krakow, in die suide van Pole begin en eindig op Vrydag 31ste by Treblinka, 65 myl noordoos van die hoofstad Warskou. By die openingseremonie het een van die afstammelinge van 'n Nazi SS-offisier om vergifnis gevra vir haar oupa, 'n elektrisiën wat die geëlektrifiseerde doringdraadheining by Auschwitz-Birkenau geïnstalleer en die kamp se gaskamers bedraad het. Ander afstammelinge het tydens die openingseremonie gepraat in 'n poging om die onuitspreeklike bitterheid wat die twee volke verdeel, te probeer regstel. Lia Shemtov, 'n Israeliese lid van die Knesset vir Yisrael Beiteinu, sal saam met honderde mense van Israel, Pole en Duitsland die finale seremonies bywoon.

Bid: Volgens die woorde van St Francis, waar daar haat is, laat daar liefde wees; waar daar besering is, verskoning; waar daar onenigheid is, eenheid; waar daar twyfel is, geloof; waar daar wanhoop is, hoop; waar daar duisternis is, lig' waar daar hartseer is, vreugde. Amen (Kol.1:19-22)

Meer: http://www.israelnationalnews.com/News/News.aspx/159125#.UD35FaAsE9Z