Pole verwelkom eerste swart LP

Europa - - 17 Jan 2011 - Print - Email

’n Nigeries-gebore pastoor het die eerste swart lid van Pole se laerhuis van die parlement (Sejm) geword in wat gesien word as ’n groot stap vorentoe in die land se rasseverhoudinge, berig Michael Ireland, hoofkorrespondent, Assist News Service. Volgens die webwerf www.newspoland.pl het John Godson al tien jaar lank Poolse burgerskap. Hy sal die plek van Civic Platform se Hanna Zdanowska inneem, wat uit haar parlementêre pos bedank het nadat sy Sondag se plaaslike regeringsverkiesing in Lodz gewen het. Godson het voorheen as 'n plaaslike raadslid in Pole se sentrale stad gedien. In 'n onderhoud met die Poolse Radio Lodz het Godson verklaar dat hy steeds aktief sal bly in die bevordering van sy tuisstad, al sal hy baie van sy tyd in Warskou aan nasionale sake deurbring. Godson is ook die president van die Afrika-instituut in Pole sowel as 'n pastoor van die Church of God in Christ, 'n Christelike Pinksterkerk wat in Pole aktief is.

Bid: dat Godseun sy naam sal gestand doen en dat Jesus in hom gesien sal word in alles wat hy doen. (1Kor.2:5)

Meer: http://www.christiantelegraph.com/issue11594.html