'n Nederlandse dorp wat bekend is vir sy tradisionele kerke en vissersgemeenskap het 'n evangelisasietentveldtog verbied, 'n stap wat volgens Christen-Demokrate die vryheid van godsdiens in Nederland verder bedreig. Die plaaslike regering van Urk het op Woensdag 13 April gesê hulle het toestemming geweier 'omdat hierdie aktiwiteite deur plaaslike kerke georganiseer moet word.' Boonop kan lisensies vir evangelisasie slegs in 'somervakansies' gegee word. Die besluit kom as 'n groot terugslag vir die organiseerders van die evangeliese 'Netherlands Bible Study Centre' (NBC), 'n stigting wat fokus op die verspreiding van Bybelkennis. NBC het jaarlikse evangelisasievergaderings in 'n sirkustent in Urk, 85 kilometer noordoos van Amsterdam, gehou as deel van 'n toer deur Nederland. 'n Lid van Urk se Munisipaliteitsraad, mnr Foppen, het gesê hy sal op 'n komende raadsvergadering op 28 April teen die verbod op evangelisasie protesteer. Willem Foppen, wat die Nederlandse Christen-Demokratiese Appèlparty (CDA) verteenwoordig, het gesê dit is ook vreemd dat evangelisasie in Urk word glo net tydens somervakansies toegelaat.
Bid: dat die vergadering van die Raad volgende week daartoe sal lei dat 'n lisensie toegestaan word. (Luk.4:43)
Meer: http://www.worthynews.com/10173-netherlands-town-urk-forbids-evangelism-campaign