Nederland: Moslems pas sokkervelde toe vir jihad-propaganda

Europa - - 19 Sep 2013 - Print - Email

Ons is nou gewoond aan die idee dat Mohammedaanse invloed geleidelik in die media, die regering, die polisie, die weermag, die akademie infiltreer. Maar hier is 'n nuwe een: sokkervelde. Miskien behoort dit nie ’n verrassing te wees ná die Moslem-oorname van die Franse nasionale sokkerspan (gevolg deur die Franse mense se byna totale verlies aan belangstelling daarin) of die doodslaan van ’n Nederlandse skeidsregter deur Mohammedaanse spelers nie. Maar in Den Haag, in Nederland, soos onlangse voorvalle getuig, lyk dit of sokkervelde as instrumente vir die jihad toegeëien is. ADO Den Haag ['n Nederlandse sokkerspan] het Maandag aangekondig dat dit niks te doen het met die vlag van die Islamitiese terreurgroep ISIS nie, wat op 'n sokkerveld met die ADO-logo vertoon is. Die klub sê dit is 'baie geskok' om op die foto te wees.

Bid: teen die Islamitiese invloed in Franse en Nederlandse sport. (Ps.34:16)

Meer: http://europenews.dk/en/node/71789