Masedonië: Vervolging van die Serwiese Kerk

Europa - - 25 Mei 2012 - Print - Email

Op Donderdag 24 Mei is 17 Serwies-Ortodokse monnike, nonne en ander gelowiges uit die tronk vrygelaat, nadat hulle vir twee dae aangehou is op beweerde belastingontduikingsaanklagte. Kerke en kloosters is onlangs stelselmatig oorval as deel van 'n nuwe onderdrukking van die Serwies-Ortodokse Kerk in Masedonië. Regte-ondersoekers het hierdie en ander klopjagte verbind met die regering se weiering om die Serwies-Ortodokse Kerk in Masedonië te registreer. ’n Swartlys van die ministerie van binnelandse sake bevat meer as 20 Serwies-Ortodokse biskoppe wat verbied is om Masedonië binne te gaan. Die Serwies-Ortodokse Kerk-sinode in Belgrado het die vonnis van twee en 'n half jaar aan aartsbiskop Jovan, in die Idrizovo-gevangenis, as 'polities en nie geregtelik' veroordeel. Dit is nie duidelik hoe die EU op hierdie verwikkelinge gaan reageer nie. Masedonië soek lidmaatskap van die EU en die NAVO militêre alliansie. Spanning oor godsdienstige en nasionale identiteite is 'n oorblyfsel van die 1990's Balkan-oorloë.

Bid: teen die begeerte om die Kerk in Masedonië uit te roei, en bid vir 'n moderne en demokratiese benadering tot die Christendom. (Ps.135:13)

Meer: http://www.bosnewslife.com/21798-breaking-news-macedonia-frees-nuns-monks-but-confiscates-passports