Hongarye: Massiewe uittog van straatkinders na Wes-Europa

Europa - - 29 Mar 2013 - Print - Email

Sleutel nie-regeringsgroepe en amptenare het die Europese Unie aangemoedig om die 'groeiende probleem' van straatkinders wat van Oos- na Wes-Europa beweeg dringend aan te pak deur grensoverschrijdende samewerking en kinderbeskerming te verbeter. Hulle het die beroep gedoen by die 'European Forum On Street Children 2009' in Boedapest, te midde van kommer dat die EU se oop grense beteken dat 'onbegeleide' minderjariges uit armer lidlande toenemend in die strate van ryker Wes-Europese stede rondloop. Daar word geglo dat daar 'n kwartmiljoen straatkinders in Europa is, hoewel amptenare gewaarsku het dat die syfer hoër kan wees omdat soveel as 1,5 miljoen jong sigeuners, ook bekend as Roma, 'ongeregistreer' is. In 'n finale verklaring het afgevaardigdes wat die Forum bygewoon het, die EU aangemoedig om die Europese Parlement se doelwit te verwesenlik om 'die verskynsel van straatkinders' teen 2015 te beëindig.

Bid: dat die regerings en owerhede hierdie probleem vinnig sal kan aanpak. (Job.14:21)

Meer: http://www.bosnewslife.com/27361-best-of-bosnewslife-massive-exodus-of-street-children-into-western-europe