Print this page

Hongarye: Kerke reik uit na Roma

Europa - - 10 Feb 2011 - Print - Email

Hongarye se nuwe sentrum-regse regering het hom met die kerke verbind in 'n strewe om werk te skep en Roma (Sigeuners) gemeenskappe uit armoede te trek. Die BBC se Nick Thorpe berig dat maatskaplike werk deur die kerke reeds help om die lewens van Roma in Oos-Hongarye te verbeter. Die Hongaarse regering gaan 'n ooreenkoms met die hoofkerke onderteken om hulle toe te laat om aansoek te doen vir staatsbefondsing vir opvoedkundige, maatskaplike en arbeidsprogramme. Die kerke kan dus vir die eerste keer by werkskepping betrokke raak. Hongarye se 800 000 Roma - baie van hulle behoeftig - is 'n prioriteit. Die regering wil 'n miljoen Hongare in die volgende 10 jaar weer aan die werk kry - 200 000 tot 300 000 van hulle Roma. Hongarye se staatsekretaris vir maatskaplike insluiting, Zoltan Balog, is self 'n Protestantse pastoor. 'Dit sal die taak van die kerke wees om met hul eie voorstelle na die gemeenskappe te gaan,' sê hy.

Bid: vir hierdie inisiatiewe deur die Regering en Kerk om die Roma te help dat God hulle sal seën.

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-12322338