Print this page

Holland: God keer terug na die stad

Europa - - 24 Aug 2012 - Print - Email

Dit gebeur nie gereeld dat kerkplanting die opslae van sekulêre koerante haal nie, maar op 31 Julie 2012 het die Nederlandse koerant Het Parool geopen met 'God keer terug na die stad'. Die artikel berig dat 1 500 burgers van Amsterdam by sogenaamde 'nuwe kerke' aangesluit het, en dat nog 10 van hierdie kerke vir die volgende drie jaar beplan word. Sedert drie Gereformeerde kerke hande gevat het om die stad weer te evangeliseer, duik nuwe kerkgroepe oral op. Dit dra by tot die reeds bloeiende immigrante en vry Evangeliese kerke in die Bijlmer-gebied van die Nederlandse hoofstad. Die Nederlandse Sentrale Buro vir Statistiek berig dat 17 persent van die inwoners van Amsterdam hulself as deel van die Christelike tradisie sien. Die Kerk in Nederland is steeds aan die verval, maar nie so merkbaar soos in die verlede nie. Kerkplanting verskaf 'n nuwe stroom van lewe in die stede.

Bid: vir die voortdurende groei en nuwe lewe van die Kerk in Amsterdam. (Gen.17:2)

Meer: http://joelnews.org/#6cc/custom_plain