Print this page

Duitsland: Heavy metal-evangelisasie

Europa - - 11 Jul 2013 - Print - Email

Watchman Team international Europe het die volgende gebedsversoek aangestuur: 'Ons wil graag twee 'Heavy Metal'-musiekfeeste hierdie somer in Duitsland noem. 'Wacken Open Air' vind plaas vanaf 28 Julie tot 4 Augustus in die klein dorpie Wacken in Sleeswyk-Holstein (Noord-Duitsland) met 'n geskatte 75 000 besoekers van regoor die wêreld, en 'Summerbreeze' vind plaas in Dinkelsbuehl in Franken (suidelike) Duitsland) van 15 tot 17 Augustus met ongeveer 30 000 besoekers. Bid asseblief vir die Gees se beskerming en krag vir die Christene wat by hierdie geleenthede sal getuig – dat baie jongmense uit die duisternis na die lig getrek sal word. Ekstra kopieë van die 'Metaal-Bybel' word gedruk vir verspreiding aan besoekers wat gelok word om die evangelieboodskap te hoor.

Bid: dat God almal kragtig sal salf wat geroep is om die evangelie by hierdie geleenthede te deel. Bid vir suksesvolle drukwerk en tydige aflewering van alle evangelisasiemateriaal. (Ps.134:3)