Duitsland: Hantering van gestremdheid

Europa - - 01 Jun 2012 - Print - Email

Die volgende is vertaal uit die Duitse publikasie -'Call of the Watchman'. 'Vir byna 20 jaar rondom die 5de Mei help organisasies gestremdes om verskeie openbare aktiwiteite regoor Duitsland op te voer wat hul werk beklemtoon. In die wet en die Bybel word alle mense as gelyke beskou. In die werklike lewe is daar baie struikelblokke om te oorkom. Maar almal is na God se beeld gemaak – ook die gestremdes! In my werk in die maatskaplike sektor en in my privaat lewe hoor ek stellings soos, 'dit sou beter gewees het as hulle nie oorleef het nie' Die 'probleem' is nie die gestremdheid nie, maar eerder hoe ander dit hanteer. Gestremdes het regte; hulle moes egter vir baie jare veg vir 'n gelyke plek in die samelewing. Vandag in Duitsland gebruik ons die woord 'insluiting'. Baie is bereik – maar ons het nog ’n lang pad om te gaan om al die hekkies te oorkom. Kom ons bekeer ons van negatiewe gedagtes en praat oor gestremde mense en daardie besluite in die politiek en medisyne wat hulle lewensgehalte ontsê.'

Bid: vir Duitsland se wetlike raamwerk om gestremde mense effektief te ondersteun en hul 'insluiting' te bevorder (Gen.1:27)

Meer: http://www.waechterruf.de/