Duitsland verbied Islamitiese groep te midde van landwye klopjagte

Europa - - 22 Jun 2012 - Print - Email

Duitse amptenare het verlede Donderdag soektogte na ekstreme Islamitiese groepe van stapel gestuur en huise en moskees regoor die land toegeslaan. Die klopjagte het gelei tot 'n verbod op een Islamitiese organisasie, en het owerhede aangespoor om ondersoeke na twee ander te open. Owerhede sê dié groepe bedreig Duitsland se veiligheid met hul nakoming van Islamitiese sharia-wetgewing en voorspraak vir geweld. "So 'n begrip van Islam het geen plek in Duitsland nie," het die Duitse minister van binnelandse sake, Hans-Peter Friedrich, gesê. Die Salafistiese organisasie Millatu Ibrahim is verbied omdat dit 'n beroep op Moslems doen om op te staan teen Duitsland se 'grondwetlike bestel', het Friedrich gesê. Die Dawaffm en dwr word ondersoek om vas te stel of bewyse bestaan om hulle ook te verbied. Friedrich het gesê daar is beslag gelê op 'n 'omvattende versameling bewyse', insluitend skootrekenaars, video's, selfone en ander items. Hierdie bewyse sal oor die komende dae geëvalueer word om te bepaal of die twee betrokke organisasies verbied moet word.

Bid: dat die owerhede wysheid en onderskeidingsvermoë sal kry om ekstremiste van alle oortuigings te hanteer. (Deut.4:6)

Meer: http://europenews.dk/en/node/55702